Media


Cormed Kliniek het amptelik sy deure in Oktober 1992 geopen en hom deur die jare as een van die voorste privaathospitale in die streek gevestig. Cormed is ‘n privaat onderneming met sy eie aandeelhouers en direkteure. Cormed is die breinkind van Dr. Corrie Lategan. Hy en verskeie aandeelhouers se finansiering het tot die kliniek se oprigting en bestuur gelei.

Dr. Corrie se seun, Dr. Pieter Lategan het later die bestuur oorgeneem. Hy het op sy beurt verdere uitdagings en ontwikkeling voorgesit en Cormed as ‘n binne perke, hoë-gemiddelde kliniek met groot verwagting en vooruitsigte laat groei. Die kliniek het oorspronklik begin as dagkliniek, maar is nou as ‘n hospitaal geregistreer met ‘n verloskundige, asook ‘n hoë-sorg eenheid. Die kliniek bied ook mediese, algemene chirurgie en ‘n na-ure konsultasiediens.

Die kliniek het ook toegang tot ‘n X-strale afdeling, laboratorium, fisioterapeut, ‘n apteek en Corcafé Koffiewinkel. Verskeie geneeshere het ook hul konsultasiekamers in en naby die hospitaal gevestig. Cormed beskik oor goed gekwalifiseerde en vriendelike verpleegkundiges, admin en huishoudelike personeel met toegewyde dienslewering wat holisties omsien na elke pasient wat die kliniek besoek.

Cormed streef daarna om ‘n persoonlike diens aan die publiek te lewer. Hulle bied versorging en ondersteuning aan alle pasiente wat van hul dienste gebruik maak. Daar word na elke pasient se behoefte omgesien. “Jessica’s Wall of life” is ook te vind by Cormed. Dié projek is vir mamma’s wat nie in die posisie is om ‘n pasgebore baba te versorg nie. Die baba kan in die beskikbare beskutte ruimte gelaat word, waarna die kindersorg eenheid ‘n nuwe tuiste vir hulle sal vind.